Die man wat in hegtenis geneem is vir die moord op twee polisiebeamptes in Kimberley in die Noord-Kaap, het sy borgtogaansoek laat vaar. Die verdagte het gister in die Kimberley-landdroshof verskyn. Hy is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy twee lede van die Blitspatrollie vermoor wat ‘n gesteelde voertuig opgespoor het. Die verdagte sal in aanhouding bly totdat die saak op 5 September hervat word.