By: Bernadine Edith Hein
Date: Wed, 30 Aug 2023
Language: Afrikaans
Category: Other
Kangnas Windplaas en Department van gesondheid vereer vroue in die gesindheid sektor
Die department van Gesondheid het ‘n tweedaagse Woman Wellness
geleentheid in samewerking met Kangnas Windplaas vir vroue in die gesondheid
sektor aangebied.
Dit het gister begin en gaan vandag ten einde loop, wat by die Namakwa
Guest Farm buite Springbok plaasvind.
Daar was psigo-sosiale dienste, siftings, papsmere, meditasie,
masserings en fiksheid wat aangebeid word.
Rouchet Daniels van Kangnas het tydens haar toespraak laat hoor dat
vroue vergeet om met hulself in kontak te kom.
Die doel van die samekoms was juis ook om vroue te herinner om altyd die
beste weergawes van hulself te wees.
"Sonder vroue is daar geen nasie nie, en vroue dink met die
hart," het mnr Daniel Grootboom, hoof van die Gesondheidsdepartement gesê.
Vroue was opgewonde dat hulle kon deel uitmaak van die geleentheid en
hulle hoop dat dit ‘n jaarlikse instelling sal wees. Sr. Helen Bock, het gesê
dat haar kollegas lief vir mekaar moet wees, mekaar moet dra en daar vir mekaar
moet wees.
Related News