Die Nasionale Funda Mzansi-kompetisie vind jaarliks plaas waar Boekklubs regoor die land meeding om die 1ste plek in die Land. Noord-Kaap spog met min eerste pryse sedert die ontstaan van die kompetisie. Die 6 finaliste van Calvinia, Sutherland, Brandvlei, Williston wat in Calvinia gekies is om die kamp by te woon, gaan na die Funda Mzansi Nasionale Kampioenskappe om die Provinsie in George, Kaapstad te verteenwoordig. Die kompetisie behels Boeklees, boekresensie, Spelling Bee, Debattering, en in Inheemse Tale.