By: Bernadine Edith HeinDate: Thu, 31 Aug 2023Language: AfrikaansCategory: Government
Deprecated: htmlspecialchars(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pscykcbp/domains/radionfm.co.za/public_html/news-article.php on line 327
Dit
is die laaste dag van vrouemaand en provinsiale regeding virer en vereer vandag
Rosalia Jolanda Engelsman-Malatsi van die Noord-Kaap. Me. Rosalia Jolanda
Engelsman-Malatsi is die Noord-Kaapse Provinsiale Voorsitter vir Gestremde Persone
Suid-Afrika (DPSA). Sy het haar lewe daaraan gewy om die lewens van mense met
gestremdhede te verbeter. Engelsman-Malatsi was blind sedert die ouderdom van
14 en vanaf die ouderdom van 19 was sy by die politiek betrokke en het daarom
in verskeie leierskaprolle deur haar studies gevorder, selfs leiding van
volwaardige eweknieƫ. Dit was tydens haar dienstermyn by die Departement van
Binnelandse Sake dat sy die besluit geneem het om te bedank, en eerder die
belange van mense wat met gestremdhede leef ten volle na te streef.