By: Bernadine Edith HeinDate: Mon, 11 Sep 2023Language: AfrikaansCategory: Government
Toename in besigheidsrooftogte in Noord- Kaap is ‘n bekommernis vir die polisie unie
Die Suid-Afrikaanse Polisie-unie (Sapu) in die Noord-Kaap is
bekommerd oor die onlangse vlaag sakerooftogte oor die provinsie heen die
afgelope paar maande. Sapu-provinsiale
woordvoerder, Sabata Ephraim Tshabedi, het 'n merkbare toename in
besigheidsrooftogte in Kimberley en Kuruman opgemerk waar misdadigers winkels
geteiken het. “'n Sakevrou het onlangs haar lewe in Kuruman verloor aan die
hande van hierdie onverbiddelike misdadigers. Drie mans is Dinsdag in hegtenis
geneem vir 'n poging tot sakeroof van 'n drankwinkel in Boshof terwyl 'n
juwelierswinkel in Mei beroof is,” het Tshabedi gesê. “Die onverminderde
toename in besigheidsrooftogte het vrees en angs in ons gemeenskappe ingeboesem
wanneer hulle winkels toe moet gaan.”