Die Moolmans-aanlegbestuurder, Johan Potgieter, het gister vier nuwe lemme vir die Gamagara-munisipaliteit in die Noord-Kaap geskenk. Die uitvoerende burgemeester, Henriette du Plessis, het die bydrae namens die munisipaliteit ontvang. Du Plessis het Potgieter bedank vir die bydrae en National Trail Hire Kathu vir hulp met ‘n sleepwa om die lemme te vervoer. Dit vorm deel van die burgemeester se plan om dienslewering aan die mense van die munisipaliteit te verbeter.