By: Bernadine Edith HeinDate: Wed, 13 Sep 2023Language: AfrikaansCategory: Health
Leierskapwerkswinkel vir Verpleegbestuurders en Verpleegopvoeders gehou
Die
Noord-Kaapse Departement van Gesondheid het saam met The Exceptional Nurse
Campaign 'n Leierskapwerkswinkel vir Verpleegbestuurders en Verpleegopvoeders
gehou. Die driedaagse werkswinkel is daarop gemik om verpleegbestuurders en
verpleegopvoeders te bemagtig, te inspireer en aan te moedig. Gister se sessie was
geopen deur die Direkteur vir Verpleegdienste Me Thembi Mngomezulu asook Sr
Teresa Basson van The Exceptional Nurse Campaign. Die sleuteltoespraak deur
professor Judith Bruce het gefokus op die evolusie van verpleegleierskap. Die
werkswinkel duur tot 14 September.