By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 15 Sep 2023
Language: Afrikaans
Category: Other
Noord- Kaap sinkmyn gaan groen
Onafhanklike kragprodusent Enernet Global (Enernet) het
vandeesweek aangekondig dat hy 'n kragkoopooreenkoms (PPA) onderteken het om 'n
12MW DC-sonkragfotovoltaïese (PV)-aanleg met Vedanta Zinc International (VZI)
se Black Mountain-mynboubedrywighede te bou, te besit, te bedryf en in stand te
hou.
Die aanleg sal
jaarliks 29 gigawatt-ure elektrisiteit opwek, wat 'n gedeelte van die huidige
Eskom-toevoer vervang.
Dit sal koolstofvrystellings met sowat 12 244 ton per jaar
verminder vergeleke met Eskom-toevoer.
Bouwerk sal na verwagting in die eerste kwartaal van 2024
begin en ongeveer nege maande neem om te voltooi, het dit in 'n verklaring
gesê,
Die projek gaan ook direkte en indirekte werksgeleenthede
in die Khâi-Ma munisipale gebied en Namakwa-distrik genereer.
Related News