By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 15 Sep 2023
Language: Afrikaans
Category: Community
Sportraad verloor ‘n raakvater in die finansies
Die afsterwe van Isak Isaacs, beter bekend as oom Sakkie
het skokgolwe deur die gemeenskap van Namakwa gestuur.
Hy was ten tye van sy sterfte Tesourier by die Namakwa
Sportraad.
Woensdagaand het daar ‘n gedenkdiens plaasgevind wat hulde
gebring het aan sy kalm, gerustellende karakter wat altyd gereed was om sport te
ontwikkel en bevorder.
“‘n Kalm rustige diens, bypassend by sy menswees, wat hom
geloof het vir sy onbaatsugtige bydrae tot goeie finansïele bestuur en manier
om besteding tot voordeel van die federasies. Oom Sakkie se vernuf met
befondsing het bygedra dat Namakwa Sportraad die beste in die hele Noord Kaap
is” het Bertie Saal van die departement Sport Kuns en Kultuur gesê.
Related News