Eskom het vanoggend beurtkrag afgegradeer na fase 5. Die kragvoorsiener sê dit is as gevolg van ‘n effense verbetering in opwekkingskapasiteit en laer vraag. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê nog ‘n opdatering sal gepubliseer word sodra enige beduidende veranderinge plaasvind.