By: Bernadine Edith Hein
Date: Mon, 18 Sep 2023
Language: Afrikaans
Category: Other
Vedanta Zinc International nooi betroubare maatskappye uit om met Black Mountain Mine saam te werk
Vedanta Zinc International nooi uitdrukkings van
belangstelling van betroubare maatskappye uit om met Black Mountain Mine saam
te werk in die ontwikkeling van sy nuwe 5-jaar maatskaplike en arbeidsplan. Black
Mountain-mynbedrywighede,
Deeps en Swartberg, produseer Polimetaalerts wat sink
bevat. Lood, Koper Silwer en Megnatite en oopgroefbedrywighede, Gamsberg
produseer Sink en Lood.
Al hierdie bates is in die dorp Aggeneys geleë. VZI het 'n
R21 miljard belegging in Suid-Afrika belê en het 'n R6,5 miljard belegging
suksesvol voltooi deur die Gamsberg fase een-ontwikkeling wat in Februarie 2019
deur president Cyrill Ramaphosa ingehuldig is.
VZI is verbind tot die volgende fase van groei met die
goedkeuring en aankondiging van R7 miljard in die Gamberg fase twee
uitbreidingsprojek in Maart 2022.
Daarbenewens is VZI ook die Namakwa spesiale ekonomiese
sone ankerbelegger en een van die groot werkgewers in die Noord-Kaap
Related News