By: Bernadine Edith HeinDate: Mon, 18 Sep 2023Language: AfrikaansCategory: Other
380 leerders die stryd aangesê tydens die provinsiale Woorde Open Wêrelde kompetisie
Die Noord-Kaapse departement van onderwys in samewerking met die Universiteit Stellenbosch en Sanlam het 380 leerders van al die distrikte onthaal om die stryd aan te sê tydens die provinsiale Woorde Open Wêrelde (WOW)-kompetisie wat in Hoërskool Upington in die Z.F Mgcawu-distrik gehou is. Die "WOW"-kompetisie vier vanjaar sy 20ste bestaansjaar en is daarop gemik om die geletterdheid en leesvaardighede van leerders te bevorder en te verbeter. Die Departement glo dat die deelname aan die WOW-kompetisie leerderuitkomste aansienlik sal verbeter. Die nasionale kompetisie vind volgende maand by die Universiteit Stellenbosch plaas.