Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Noord-Kaap moet nog die verslag bekend maak oor die oproerigheid wat gister in Kleinzee plaasgevind het. Gemeenskapslede was verward, woedend en het baie vrae gehad oor die optrede wat plaasgevind het. Die polisie  het hegtenisnames gedoen, wat met vermoedelik kriminele aktiwiteite te doen het. Volgens die wetstoepassers gaan die operasie steeds voort as deel van die bekamping van kriminele aktiwiteite, aangesien daar verskeie misdade is wat wissel van moord, verkoop van onwettige dwelms tot verkragting.