Rooiwal, geleĆ« in die Nama-Khoi Plaaslike Munisipale Area, is vol bedrywighede terwyl Thusong Diensleweringsweek aan die begin is. Hierdie geleentheid, vorm deel van die jaarlikse Thusong Dienssentrumweek.  Dit het ten doel om noodsaaklike regeringsdienste nader aan die gemeenskap te bring.   Met 'n fokus op die bou van professionele openbare diens vir kwaliteit dienslewering, beklemtoon hierdie weeklange inisiatief die noodsaaklike rol wat Thusong Dienssentrums speel in die transformasie en bemagtiging van plaaslike gemeenskappe. Die Thusong Diensweek vind plaas onder die tema: "Bou 'n Professionele Staatsdiens vir Gehaltedienslewering" Die week word vandag in Loeriesfontein afgesluit, waar Staatsdienste ook gelewer sal word.