By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 22 Sep 2023
Language: Afrikaans
Category: Politics
Versuim om vir finansiële krisis te beplan laat inwoners van Noord-Kaap in die steek
Die
Demokratiese Alliansie in die Noord-Kaap is besorgd dat die provinsiale
regering versuim om behoorlik vir die impak van die nasionale finansiële krisis
te beplan.
Vrae wat
tydens gister se huissitting gestel is, bevestig dat die provinsie die
begroting met R750 miljoen gaan sny.
Dit sal ‘n
beduidende impak op basiese dienslewering en die vermoë van departemente om hul
pligte na te kom, hê.
Die DA stem saam met die LUR vir Finansies,
Ekonomiese Ontwikkeling & Toerisme, Abraham Vosloo, dat dit ‘n groot som
vir die provinsie is, maar die DA is besorgd
dat LUR Vosloo die impak van die nasionale finansiële krisis op die provinsie
afmaak as ‘n nietigheid.
Related News