By: Bernadine Edith Hein
Date: Wed, 27 Sep 2023
Language: Afrikaans
Category: Other
Hulp van gemeenskap word benodig om 16 jarige op te spoor
Die Springbok (FCS) eenheid vir gesinsgeweld,
kinderbeskerming en seksuele misdrywe versoek die publiek se hulp om die 16
jarige Ruwaiden Whitlow afkomstig vanaf Buffelsrivier naby Komaggas.
Ruwaiden is verstandelik gestremd en word sedert verlede
Maandag, 18 September 2023, vermis.
Hy is laas naby 'n plaas in Komagas gesien, maar het na
bewering weggehardloop toe die polisie ontbied is.
Hy is laas gesien met 'n wit baadjie, blou sweetpakbroek en
flip flops aan toe hy vermis geraak het.
Die lede van Springbok FCS het aangesluit by lede van
Komaggas SAPD, SAPD Soek en Reddingspan, en lede van Airline wat die plase en
omliggende gebiede gefynkam het.
“Enigiemand met
inligting kan kaptein Love by 0828744532 bel of anoniem na 32211 sms of die
MySaps-toepassing gebruik. Die publiek word daaraan herinner dat daar geen
wagtydperk is om 'n persoon as vermis aan te meld nie. Die ondersoek duur voort,”
het luitenant kolonel Sergio Kock, polisiewoordvoerder gesê.
Related News