By: Bernadine Edith HeinDate: Wed, 27 Sep 2023Language: AfrikaansCategory: Government
Elektriese uitbreiding van die nasionale netwerk met dringendheid hanteer word
Die
minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê
sy prioriteit is nou om te verseker dat die uitbreiding van die nasionale
netwerk met dringendheid hanteer word.
Ramokgopa
het gister op ‘n media-inligtingsessie aangekondig dat Eskom die land se
transmissienetwerk wil verbeter.
Die
uitbreiding van die elektrisiteitsnetwerk vorm deel van die energie-aksieplan
met die kerndoelwit om ’n einde aan beurtkrag te bring.
Hy sê
die Suid-Afrikaanse regering sal teen die begin van die volgende boekjaar meer
as 100 miljard rand nodig hê om die uitbreiding van die nasionale netwerk te
finansier.