By: Bernadine Edith HeinDate: Fri, 29 Sep 2023Language: AfrikaansCategory: Government
Suksesvolle Imbizo in Sizamile plaasgevind
Op
Dinsdag, 26 September 2023, het die Richtersveld Munisipaliteit, saam met die
burgemeester Cornell Knoph en die Raad, 'n Burgemeester Imbizo by Sizamile
Kliniek, te Port Nolloth, gehou. Die doel van hierdie uitreik was om Wyk 3 'n
geleentheid te gee om enige bekommernisse wat hulle mag hê, uit te spreek. Die
uitreik het ook beteken om die gaping tussen die regering en mense te vernou
deur ander departemente aanboord te bring om hul planne voor te lê wat opgestel
is om die gemeenskappe op te hef.