By: Bernadine Edith HeinDate: Fri, 29 Sep 2023Language: AfrikaansCategory: Government
Departement van Paaie en Openbare Werke sal 'n verslag oor die toestand van die paaie vrystel
Die
Departement van Paaie en Openbare Werke sal 'n verslag van hul span in die
distrik kry, om vas te stel wat die vlak van skade is wat deur onlangse
stortreën veroorsaak is. Dit kom nadat stortreën paaie die naweek weggespoel
het, tydens stormagtige weer wat swaar oorstromings in die Kamiesberg-,
Richtersveldt- en Hantam plaaslike munisipaliteite veroorsaak het. Die LUR wil
graag die padgebruikers waarsku om op hul hoede te wees en om met alle
moontlike maniere te probeer om nie die paaie te gebruik wat as onveilig beskou
word om te gebruik nie.