By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 03 Oct 2023
Language: Afrikaans
Category: Sport
'n Kind in Sport is 'n kind buite die hof.
Die grootste Gesondheid en Fiksheid geleentheid sal hom die
komende naweek in die Namakwa distrik afspeel.
Die stap bekend as die Big Walk sal Saterdag 7 Oktober 2023
in Karoo Hoogland Munisipalteit, in Sutherland plaasvind.
Dit sal plaasvind onder die tema, ‘n Beginner is ’n wenner.
Die gemeenskap word van die wye Karoo Hoogland Munisipaliteit
word uiitegenooi na die geleentheid, veral Sutherland om aan te sluit, en
gratis in te skryf.
Aansoeke is by die plaaslike Munisipaleteit en Biblioteek.
Kinders Parkie, Mini Kultuur Fees, Rekreasie Aktiwiteite,
Sewes Raak Rugby, Groot 5 Netbal en vele meer sal aangebied word.
Sutherland sal uit sy nate bars en kom vroeg anders sal jy
uitmis by die Slangpark.
Die hekke maak vanaf 8 uur oop Saterdag en die program sal
amptelik 9uur afskop.
'n Kind in Sport is 'n kind buite die hof.
Related News