By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 03 Oct 2023
Language: Afrikaans
Category: Crime
Spesiale fokus op oorgrens deurgangsmisdade in Namakwa
Operasie
Shanela in die Noord-Kaap gaan voort om misdaad in die provinsie te
stabiliseer.
Dit
volg op ‘n suksesvolle operasie van Donderdag tot gister met ‘n skerp fokus op
die vermindering van kontak- en geweldsmisdade in brandpuntgebiede.
Talle
polisie-aktiwiteite is tydens die operasie uitgevoer. Talle padblokkades langs
die N1 in die Pixley Ka Seme-distrik en die N7 en N14 in Namakwa is gehou met
spesiale fokus op oorgrens deurgangsmisdade wat die fokus op onwettige of
ongedokumenteerde immigrante en die handel in nie-ysterhoudende metale insluit.
18
ongedokumenteerde persone en 'n plaaseienaar is by 'n plaas in Loxton
gearresteer en die plaaseienaar is op die been gebring omdat hy onwettige
immigrante gehuisves het. ‘
n Polisiewoordvoerder, sersant Timothy Sam, sê in een
voorval het die polisie in die John Taola Gaetsewe-distrik beslag gelê op
onwettige sigarette van ‘n buitelander ter waarde van een miljoen rand.
Related News