By: Bernadine Edith HeinDate: Thu, 05 Oct 2023Language: AfrikaansCategory: Government
Richtersveld munisipalitiet loods Mooi Maak projek op Port Nolloth
In ‘n
poging om Port Nolloth in die Richterveld munisipaliteit te verfraai is die
munisipaliteit opsoek na skenkings vir droogte bestante plante om op
strategiese plekke in die dorp aan te plant en of persone wat bereid is om
betrokke te raak by hierdie projek.
Lede van
die gemeenskap word versoek om hande met die munisipaliteit te vat in die projek.
Indien
persone wil deel uitmaalk van die Port Nolloth Mooi Maak projek kan daar kontak
gemaak word met die Toerisme Kantoor by Richtersveld Munisipaliteit.
Intussen
vind Alexkor vandag probleme met een van hul water pompe. As gevolg hiervan is
die water in die damme baie laag.
Die
munisipaliteit vra dus dat niemand water
moet mors, maar wel spaarsamig moet gebruik.