By: Bernadine Edith HeinDate: Thu, 05 Oct 2023Language: AfrikaansCategory: Other
Beurtkrag sal tussen intervalle opgeskort word
Eskom
het aangekondig dat die huidige skedule waar beurtkrag geïmplementeer word
vanaf vieruur in die middag tot vyfuur die volgende oggend, daagliks sal
voortgaan.
Beurtkrag
sal dan tussen hierdie intervalle opgeskort word.
Die
kragvoorsiener sê dit is as gevolg van die stabiele elektrisiteitsaanvraag en
opwekkingsverrigting.
Eskom
se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê ‘n opdatering sal gepubliseer word indien
enige beduidende veranderinge plaasvind.