By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 06 Oct 2023
Language: Afrikaans
Category: Other
Cloete het ten alle tye die behoeftes van die gemeenskap eerste gestel
Die herdenkingsdiens van Johannes Jakobus Cloete, alias
Boetie Bas / Papa Hunter, het gisteraand in die VGKerk op Bergsig plaasgevind.
Hy het sy stryd teen kanker verloor op 24 September.
Vele familielede, vriende en kollegas het die bedroefde
familie ondersteun.
Sy voormalige kollegas van Toyota het hom beskryf as
vriendelik, vol grappies en dat hy elke dag dieselfde was.
Hy sou homself te kort skiet om ander te kon help en dat hy
vol geloof was tydens sy siekbed.
Cloete het ‘n impak in almal se lewens gemaak.
Boetie Bas se goeie vriend, Simon Kleinbooi het gesê dat Cloete
se doel voor oë was dat die gemeenskap eerste kom en dat hul behoeftes
aangespreek moet word.
“Namakwaland het ‘n rolmodel en ondersteuner verloor. Sy
woorde was altyd gewees behou die geloof,” het Kleinbooi gesê.
Related News