ANC Namakwa onder die leierskap van mnr. Mervin Cloete het by burgemeesters, speakers, raadslede, hoofswepe, regeringsontplooiers en vrywilligers oor die hele streek aangesluit om leerders in meer as 20 hoërskole te motiveer. “Onderwys is 'n maatskaplike projek, vandaar die behoefte om saam te werk met gemeenskappe, die burgerlike samelewing, ouers, skoolbeheerliggame, Skoolbestuurspanne en Opvoeders om 'n stewige grondslag vir kwaliteit onderwys te bou. Ons as Namakwa het verlede jaar tweede beste geëindig in alle distrik, ons moet ons topstop herwin,” het Cloete gesê. Die ANC het hierdie jaar R250 miljoen gemaak aan Noord- Kaapse se leerders, en die premier het R50 miljoen se studente skuld afgeskryf.