By: Bernadine Edith Hein
Date: Mon, 23 Oct 2023
Language: Afrikaans
Category: Local
Namakwa distriksmunisipaliteit kondig beleggingskonferensie aan
Die Namakwa distrik munisipaliteit is verheug om die
komende Namakwa Beleggingskonferensie aan te kondig.
Dit geskeduleer om op die 8ste en 9de November plaas te
vind.
Die konferensie, wat deur die
Namakwa-distriksmunisipaliteit aangebied word, is 'n deurslaggewende oomblik
vir die distrik, wat 'n nuwe era van groei, ontwikkeling en
beleggingsgeleenthede inlui.
Hierdie konferensie is 'n platform vir Namakwa
Distriksmunisipaliteit om die oorvloedige beleggingsgeleenthede wat in hul diverse
sektore teenwoordig is, te onthul.
Die Namakwa distrik munisipaliteit is gretig om hul streek
se potensiaal ten toon te stel, amptelik die goedkeuring van die Spesiale
Ekonomiese Sone (SEZ) te merk en 'n verwelkomende omgewing te bied vir
beleggers om hul belangstelling in Namakwa uit te spreek.
Related News