By: Bernadine Edith HeinDate: Fri, 27 Oct 2023Language: AfrikaansCategory: Business
Myne skenk kragopwekkers
Kumba Iron Ore se
Sishen-myn het vyf noodkragopwekkers bekom om by te dra tot die
energievereistes wat sal verseker dat kritieke dienslewering nie ernstig
onderbreek word nie.
Die ingryping word
beskou as 'n maatreël om die impak van beurtkrag op sleutel gemeenskapsdienste
teë te werk.
Dit beklemtoon verder
die behoefte aan 'n betroubare en stabiele kragbron as nie net die sleutel vir
ekonomiese aktiwiteit om wortel te skiet nie, maar vir gemeenskappe om te
floreer.
Dit kom terwyl die land
worstel met die kwessie van deurlopende kragonderbrekings en die effek op
dienslewering baie geaffekteer word, veral op plaaslike vlak.