By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 27 Oct 2023
Language: Afrikaans
Category: Crime
Mensehandelaar van Nigerië se saak in Kimberley uitgestel
Die saak
teen Adeyefa Adedamola Adetoye (38) van Nigerië wat twee vroue vroeër
vandeesmaand na bewering ontvoer en hulle as sekswerkers in Kimberley aangehou
het, is tot 30 Oktober uitgestel.
Mojalefa
Senokoatsane, NVG-woordvoerder, sê die onwettige immigrant bly in aanhouding
tot sy volgende hofverskyning.
Fawzia
Rhoda, provinisiale voorsitter van die DA-Vrouenetwerk, sê die DA het sy
ondersteuning vir die slagoffers van mensehandel en geslagsgeweld getoon met
hul teenwoordigheid buite die landdroshof in Kimberley.
"As ouers, tannies, ooms en oupagrootjies vind ons dit absoluut
afgryslik dat hierdie gruwelike daad van mensehandel so naby aan ons gebeur. Jy
wil nie dink dat jou tuisdorp ’n veilige hawe vir menshandelaars is nie.”
Related News