By: Bernadine Edith HeinDate: Fri, 27 Oct 2023Language: AfrikaansCategory: Local
Namakwa Distriksmunisipaliteit dra swart in soladariteit met geen geweld teen vroue en kinders nie
Met die 16
dae van geen geweld teen vroue en kinders wat volgende maand afskop, dra die personeel
van Namakwa Distriksmunisipaliteit elke Donderdag swart.
Die rede
daarvoor is ter ondersteuning van die veldtog wat jaarliks tydens die 16 dae intens
daarop gefokus is.
16 Dae van Aktivisme van geen gewld teen vrouens en kinders is ‘n
internasionale bewusmakingsveldtog en vind jaarliks plaas vanaf 25 November tot
10 Desember.
Geweld teen vroue en kinders is ‘n ernstige en kommerwekkende probleem
in die land.
Hierdie tipe geweld kan verskeie vorme aanneem, onder andere fisiese,
emosionele en finansiële mishandeling, seksuele aanranding en verkragting.