By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 27 Oct 2023
Language: Afrikaans
Category: Politics
DA toon ondersteuning aan slagoffers van mensehandel en geslagsgebaseerde geweld
Die DA in
die Noord-Kaap het gister na vore getree om slagoffers van mensehandel en
geslagsgebaseerde geweld (GBV) buite die Kimberley-landdroshof te ondersteun.
Die DA se
betoging volg op ‘n borgtogverhoor van ‘n man wat vroue na Kimberley gelok het
met valse beloftes van werk, hulle gevange gehou het in ‘n stadshotel en hulle
geprostitueer het.
Die
beskuldigde staan tereg op aanklagte van mensehandel, verkragting, aanranding,
ontvoering, onwettige immigrasie en die besit van dwelms.
Die DA se Fawzia Rhoda sê as ouers vind hulle dit
skrikwekkend dat hierdie verskriklike euwel van mensehandel naby hul huise
gekom het.
Related News