By: Bernadine Edith HeinDate: Mon, 30 Oct 2023Language: AfrikaansCategory: Health
Borskanker bewustheid by die Robert Mangaliso Sobukwe Hospitaal
Die
Onkologie-afdeling by die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal het hul jaarlikse
borskankerbewusmakingsgeleentheid ter ere van Borskankerbewusmakingsmaand
gehou.
Die
program is bygewoon deur waarnemende departementshoof, dr Kantani, Hoof
uitvoeredende beampte van Robert Mangaliso Sobukwe Hospitaal, dr Olivier met
die waardige gaste wat kankeroorwinnaars was wat hul getuienisse gedeel het.
Oktober
is Borskankerbewustheidsmaand en dit het ten doel om bewustheid oor een van die
mees algemene kankers onder vroue in Suid-Afrika te versprei.