Die Onkologie-afdeling by die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal het hul jaarlikse borskankerbewusmakingsgeleentheid ter ere van Borskankerbewusmakingsmaand gehou. Die program is bygewoon deur waarnemende departementshoof, dr Kantani, Hoof uitvoeredende beampte van Robert Mangaliso Sobukwe Hospitaal, dr Olivier met die waardige gaste wat kankeroorwinnaars was wat hul getuienisse gedeel het. Oktober is Borskankerbewustheidsmaand en dit het ten doel om bewustheid oor een van die mees algemene kankers onder vroue in Suid-Afrika te versprei.