By: Bernadine Edith HeinDate: Mon, 30 Oct 2023Language: AfrikaansCategory: Local
Eskom beplan kragonderbreking in die Namakwa distrik
Eskom-transmissie
sal 'n beplande kragonderbreking hê vir instandhoudingswerk wat op hul netwerk
en substasies gedoen moet word.
Die
substasies wat geraak sal word, is Nama-, Gomis en Oranjemund. Die
munisipaliteite in die Namakwa-distrik wat geraak sal word, is Nama Khoi,
Kamiesberg en Richtersveld.
Dit
sal môre 6uur in die oggend tot 6 in die aand plaasvind.
Eskom
vra om verskoning vir enige ongerief wat as gevolg van die kragonderbreking mag
veroorsaak word en sal poog om die toevoer so gou as moontlik te herstel.
Neem
asseblief kennis dat alle elektriese installasies en toerusting as lewendig
beskou moet word vir die volle duur van die genoemde onderbreking.