Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n waarskuwing gerig oor ’n koue front wat na verwagting vandeesweek nat en winderige toestande oor dele van die land sal bring. Erge donderstorms, wat tot rukwinde kan lei, word in die Vrystaat, Noordwes, dele van die Noord-Kaap, Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en die noordelike dele van KwaZulu-Natal verwag. “Nog ’n waarskuwing wat ons Sondag ontvang het, is ontwrigtende sneeu wat tot moontlike gevaarlike padtoestande in die Oos-Kaap kan lei. Ons verwag ook sterk wind wat skade in Namakwaland in die Noord-Kaap en die Matsikama-munisipaliteit in die Wes-Kaap kan aanrig,” het die weervoorspeller Lehlohonolo Thobela gewaarsku.