By: Bernadine Edith HeinDate: Mon, 30 Oct 2023Language: AfrikaansCategory: Government
Noord-Kapenaars verwelkom die stigting van die Ombud vir Klein Ondernemings
Noord-Kapenaars
verwelkom die stigting van die Kantoor van die Ombud
vir Klein Ondernemings (OSEO) Saterdag by Francis
Baard-distriksmunisipaliteit.
Dit volg
nadat ‘n afvaardiging van die Portefeuljekomitee oor Kleinsake-ontwikkeling die
provinsiale been van die openbare verhore oor die Nasionale
Kleinsake-wysigingswetsontwerp suksesvol afgesluit het.
Die
inwoners het die stigting van die Ombud vir Klein Ondernemings toegejuig en
voorstelle gemaak om die wetsontwerp te versterk.
Hulle het
ook kommer uitgelig oor die wet wat reggestel moet word.
Die
inwoners hoop dat die stigting van die Ombud vir Klein Ondernemings die
beginsels van geregtigheid sal handhaaf.