By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 02 Nov 2023
Language: Afrikaans
Category: Local
Namakwalanders se harte is oop vir die matrikulante van Hoërskool SA van Wyk
Na 'n plasing op sosiale media van Juffrou Margerette
Cloete oor matrikulante van Hoërskool SA vna Wyk wat slaap en leer by die skool.
Dit is ter voorbereiding vir hul rekordeksamen, het die Namakwa
Civic Movement wyk 5 Voorsitter en Sekretaresse gister bymekaar gekom om die
matrikulante van skryfbehoeftes en toiletware te voorsien.
“Hierdie is 'n geleentheid vir ons almal om ons harte oop
te maak om hartlikheid en liefde aan ons leerders te bewys,” het die NCM gesê.
Maak kontak met Juffrou Margerette Cloete en hoor hoe jy 'n
bydrae kan lewer het hulle bygevoeg.
Die skool sê dat hulle trots is op die toewyding wat
leerders in hierdie moeilike tye toon.
Gemeenskapslede word gevra om tydens die Nasionale Senior
Sertifikaat eksamen die matrikulante te bemoediging en by te staan.
Die personeel en skoolbeheerliggaam van Dr. Izak van Niekerk
primêre skool het gister 15 herlaaibare ligte aan SA van Wyk oorhandig omte
help om die matrikulante van 2023 se studietyd tydens beurtkrag te vergemaklik.
Related News