By: Bernadine Edith HeinDate: Thu, 02 Nov 2023Language: AfrikaansCategory: Health
Wêreld Premature Dag word deur die maand gevier
Wêreld Premature Dag word jaarliks op die 17de November
gevier om bewustheid te skep oor die uitdagings van premature babas en hul
gesinne.
Die Gesondheidsorgpersoneel by die K3, Neo-Natale Eenheid
by Robert Mangaliso Sobukwe Hospitaal het saam met hul onderskeie spanne dit op
hulle geneem om Prematuriteit Bewusmakingsmaand te vier met 'n aantal
bewusmakingsgeleenthede.
Dit het gister in die voorportaal van saal K3 begin het met
'n openingseremonie.
Moeders van premature babas het tydens 'n klein
openingseremonie bemoedigende woorde ontvang asook klein geskenkies vir hulself
en hul babas.