By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 09 Nov 2023
Language: Afrikaans
Category: Government
Saul spreek Nasionale Loterykommissieraad toe
Die Nasionale Loterykommissieraad, het
die Premier van die Noord- Kaap, dr. Zamani Saul, genooi om die sessie met
belanghebbendes toegespreek wat gelei word deur die raadsvoorsitter, prof.
Barney Pityana.
Die Raad van die
Nasionale Loterykommissie (NLC) begin met 'n roadshow regoor die land, met die
doel om belanghebbendes te betrek op gebiede wat met hul mandaat verband hou.
Die Nasionale
Loterykommissi het projekte ten bedrae van sowat R309 miljoen oor die afgelope
5 jaar in die Noord-Kaap befonds.
Die hoofsektore is
Liefdadigheidsorganisasies, Kuns, Kultuur en Erfenis en Sport en Ontspanning.
Related News