Radio Nfm word op die 19 November 20 jaar oud en gaan die spesiale dag met die gemeenskap vier. Die verjaarsdagkoors loop hoog op NFM, en luisteraars het die geleentheid gehad om hul dorp se name in te SMS of whatsapp, sodat Nm die dag met hulle kan vier. Luisteraars moet kennis neem dat alle name getel gaan word en vandag gaan die Top3 aan u bekendgemaak word waartydens u dan stem om die partytjie saam met Nfm te kom vier. Luisteraars word aangemoedig om met omroepers te gesels oor hoekom 'n spesifieke plek besoek moet word en wat daardie gemeenskap so spesiaal maak. Radio NFM is trots om aan te kondig dat hulle op 19 November, om 5uur die oggend, hul splinternuwe programskedule gaan bekendstel.