By: Bernadine Edith HeinDate: Fri, 10 Nov 2023Language: AfrikaansCategory: Crime
Man kry swaar vonnis vir veediefstal
Die Kuruman-streekhof in
die Noord-Kaap het ‘n man gister tot agt jaar direkte gevangenisstraf vir
veediefstal gevonnis. Die hof het die 43-jarige Mothusiemang Isak Khubu
gevonnis vir diefstal van vyf beeste. Khubu staar agt jaar direkte
gevangenisstraf in die gesig met drie jaar wat vir vyf jaar opgeskort is. Die
Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Mojalefa Senokoatsane, sê die
beskuldigde is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.