Die hospitaalkomitee by die regeringsbeheerde Martha Griffiths Gemeenskapsgesondheidsentrum in Port Nolloth, wat slegs ‘n jaar oop is, doen 'n beroep op die publiek vir skenkings nadat medikasie, skoonmaak voorrade en toiletpapier besig is om vining uit te hardloop. Die hospitaalkomitee het 'n beroep op skenkings van Panado stroop, chirurgiese handskoene, urine dreineringssakke, kateters, paraffiengaas en medikasie vir diabetes en hoë bloeddruk, onder andere gevra. ’n Anonieme Komiteelid, het gesê die situasie by die hospitaal – die enigste openbare fasiliteit in die area – is sleg, en dat dit nie eens toiletpapier het nie. Wayne Duvenage, uitvoerende hoof van die Organisation Undoing Tax Abuse (OUTA), het gesê dit is skokkend dat die publiek gevra word om medisyne aan 'n staatshospitaal te skenk.