By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 23 Nov 2023
Language: Afrikaans
Category: Other
Maatskaplike Ontwikkeling op Nasionale Skuiling Indaba
Dringende oproep om
gapings in skuilings aan te spreek wat slagoffers van geslagsgebaseerde geweld
en vrouemoord ondersteun.
Gebrek aan
voldoende befondsing, vervoer vir slagoffers van geslagsgebaseerde geweld,
gebrek aan maatskaplike werkers in sommige fasiliteite, skuilings se voldoening
aan die norme en standaarde was van die leemtes wat geïdentifiseer is op die
eerste dag van die tweedaagse Nasionale Skuiling Indaba wat tans aan die gang
is in Sandton.
Me Rose Bailey van
'n skuiling in die Noord-Kaap het gevra dat skuilings met waardigheid behandel
word en nie as liefdadigheidsorganisasies gesien word nie, aangesien hulle 'n
belangrike rol speel in die redding van lewens en die herstel van vroue se
geestesgesondheid.
Related News