Die Namakwa Distriksmunisipaliteit, vanuit die kantoor van die Uitvoerende Burgemeester, Raadslid Mervin Cloete, in samewerking met die Provinsiale Regering Premier se kantoor en alle plaaslike departemente, sal gasheer speel vir haar Geslagsgebaseerde geweld -program in Okiep. Die program sal vanoggend 10:00 by die Okiep REC Klub plaasvind. Die Okiep-gemeenskap word hartlik uitgenooi om die geleentheid by te woon en daardeur ondersteuning aan die veldtog teen geen geweld teen vroue en kinders te bied. Onthou jou potte, panne en lepels, om geraas te maak teen geen geweld teen vroue en kinders.