By: Bernadine Edith HeinDate: Tue, 05 Dec 2023Language: AfrikaansCategory: Local
Verdagtes gevonnis vir die besit van onwettige vetplante
Die Suid- Afrikaanse
Polisiediens Namakwa-distriksbestuur verwelkom die agt jaar tronkstraf wat
onlangs in die Springbok-landdroshof aan twee stropers opgelê is. Die 28 jarige
Benedict Beukes en die 30 jarige Quinton Steenkamp is 01 Desember 2020 deur die
Springbok Veediefstal- en Bedreigde Spesie-eenheid(STESU) gearresteer. “Die
twee is op die N7 naby Springbok in hegtenis geneem toe hulle in besit gevind
is van Conophytum Pellucidum- en Conophytum Pagea-plante ter waarde van sowat
R100 000-00,” het polisiewoordvoerder luitenant kolonel Sergio Kock gesê. Die
beskuldigdes het op 22 Februarie 2022 skuldig gepleit op 'n aanklag van handel
in beskermde plante en is op Vrydag tot agt (8) jaar gevangenisstraf gevonnis
waarvan twee jaar opgeskort is.