Vir die Namakwa distrik munisipaliteit was dit 'n eer om die jaarlikse geestelike leiers einde-jaar funksie aan te bied. Die twee rolspelers het saamgekom as 'n gemeenskap, verenig deur geloof, om te reflekteer op die afgelope jaar se uitdagings en oorwinnings.“Namens die Namakwa Distriksmunisipaliteit wil ek my opregte waardering uitspreek teenoor die godsdienstige leiers wat 'n integrale deel van ons gemeenskap vorm. U sorg vir leiding, hoop, en geestelike ankerpunte,” het die uitvoerende burgemeester, mnr Mervin Cloete gesê. Mag die einde-jaar funksie 'n geleentheid wees vir hernieude inspirasie en verryking.