By: Bernadine Edith HeinDate: Wed, 13 Dec 2023Language: AfrikaansCategory: Accident
Verdagtes in hegtenis geneem vir die besit van vervalste geld
Die Upington-polisie in die
Noord-Kaap het gister twee verdagtes in hegtenis geneem vir die onwettige besit
van vervalste geldeenheid. Die polisie het verlede week inligting ontvang oor
vervalste geldeenhede wat by ‘n woonstel in Upington gehou word. Die polisie
het vervalste banknote van een-komma-agt-miljoen rand en tweeduisend-900 dollar
ontdek, wat gelykstaande is aan sowat 55-duisend rand. ‘n Polisiewoordvoerder,
sersant Omphile Masegela, sê die polisielede is geloof vir hul harde werk.