By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 15 Dec 2023
Language: Afrikaans
Category: Government
Suid- Afrikaanse mediese studente veilig In Kuba angekom
Die
Noord-Kaapse LUR vir Gesondheid, mnr Maruping Lekwene spreek sy dankbaarheid
uit vir die oorweldigende ondersteuning en wense van die publiek na die vertrek
van 10 mediese studente om medies in Kuba te studeer. Die mediese studente het veilig
aangekom en is deur die Gesondheidsattache by die Suid-Afrikaanse Ambassade, Dr
Mandela, saam met die Kubaanse Universiteitsamptenare ontvang. Daar word van die
studente verwag om hul eerste fase van opleiding wat bestaan uit Spaanse
Taalkursus te onderneem en later in die werklike mediese wetenskappe te
artikuleer en dit sal 'n tydperk van ses jaar dek. Verder sal hulle blootgestel
word aan verskeie dissiplines van medisyne wat hoofsaaklik op voorkomende
medisyne gerig is, waarvan die primêre fokus die bevordering van primêre
gesondheidsorg is.
Related News