By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 15 Dec 2023
Language: Afrikaans
Category: Other
Uitgepasserings van nuwe polisiekonstabels het in Kimberley plaasgevind
’n Uitgepasserings parade vir 1 474 nuwe polisiekonstabels
het gister in Kimberley plaasgevind. Honderde familielede het die parade by
3SAI bygewoon, terwyl pres. Cyril Ramaphosa die hoofspreker was. Hy is
geflankeer deur Bheki Cele, minister van polisie, en die nasionale kommissaris
van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), genl. Fannie Masemola. Hierdie
nuwe konstabels is deel van die 10 000 wat in 2023 gewerf is om by die Suid- Afrikaanse
Polisiediens aan te sluit. Hulle sal met onmiddellike effek regoor die land
ontplooi word.
Related News