President Cyril Ramaphosa gaan vandag ‘n behuisingsprojek in die Noord-Kaap loods. Die projek sal na verwagting meer as vierduisend behuisingseenhede lewer. Volgens die Presidensie sal minstens tweeduisend-500 van daardie huise binne die volgende jaar voltooi word. Ramaphosa sal na verwagting ‘n grondbreekseremonie by een van die bouterreine uitvoer.