By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 18 Jan 2024
Language: Afrikaans
Category: Education
Minister Motshekga is positief oor die 2024 akademiese jaar
Die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, versoek onderwysers,
ouers en leerlinge om saam te werk om die sukses van die 2024 akademiese jaar
te waarborg. Duisende leerders het gister teruggekeer skool toe
vir die begin van die akademiese jaar.
Motshekga sê dat haar departement gereed is vir
die jaar ten spyte van verskeie uitdagings, insluitend die vernietiging van
minstens 59 skole in die vloedgeteisterde KwaZulu-Natal, plasingagterstande en
die tekort aan leermateriaal.
Related News